Geskikte manuskripte vir Renza se omnibusse

cropped-renza-afrikaanse-skrywers-1.jpg

Wenke vir jou manuskrip:

Voordat jy begin skryf, kry jou basiese idee vir die storie agtermekaar. Dink oor die atmosfeer en tema – Is dit ‘n liefdesverhaal waar 2 mense mekaar gaan vind? ‘n Speurverhaal waar jy die pad saam met die ondersoekbeampte of die moordenaar gaan stap? ‘n Lewensdrama, waar jy oor iemand skryf? Die storie van jou troeteldier? Wees uniek en kreatief.

 

Kies ‘n voorlopige titel:

‘n Voorlopige titel, want die kans is goed dat jou storie self, vir jou later gaan vertel wat sy naam behoort te wees.

 

Kies jou hoofkarakters:

Wie is hulle, hoe lyk hulle, waar woon hulle, wat doen hulle vir ‘n lewe, of waarmee hou hulle hulself elke dag besig en hoekom is hulle geskik om die rol van jou hoofkarakters te speel? Renza verkies stories waar jy in iemand anders as jyself se perspektief skryf. Skryf jy egter as ‘ek’ hou dit minder intens en oorweeg asseblief ‘n positiewe einde.

 

Tema: Werk uit wat die verloop en gevoel van jou storie gaan behels.

Op hierdie manier kan jy bepaal hoe lank jou manuskrip op die ou end gaan wees. Gebruik verkieslik een tema en storielyn. Tensy daar ‘n rede is vir verskillende temas en dat hulle op die ou end netjies inmekaar weef om jou oorspronklike storielyn te versterk. Onthou egter jy hoef nie net een storie in jou lewe te skryf nie. Bêre jou ander idees vir ander stories en stuur die manuskripte in.

 

Renza wil graag stories in ‘n ligter atmosfeer publiseer. As iemand siekerig voel en die dag alleen by die huis is, wil hy vermaak voel en weggevoer na beter plekke. Hy wil nie in die bad gaan klim om homself te verdrink of polse te byt nie. As jy nie anders kan as om ‘n donker tema te kies nie, werk jou storie so uit dat jou leser die lig aan die einde van die tonnel gaan sien.

 

Skryf jou inleiding.

Jou inleiding is baie belangrik. ‘n Inleiding gaan veroorsaak dat jou lesers kies om verder te lees, of om die storie neer te sit. Skryf jy ‘n liefdesverhaal, wil die lesers binne die eerste 1000 woorde weet wie gaan mekaar vind. Skryf jy ‘n moordverhaal, moet die bloed al op bladsy een spat. Die neiging hier is om jou leser onmiddellik in die middel van die drama te plaas.

 

Inhoud van Renza se korter stories.

Dit is net so uitdaging om ‘n korter storie van 10 tot 15duisend woorde te skryf, as om ‘n baie lang boek te skryf. Die beperkte woorde leer ‘n skrywer om meer ekonomies te werk met woorde en minder lang en uitgerekte verduidelikings te lewer.

 

Daar is nie tyd vir wollerige afdwaalpaaie in die storie nie. Elke woord wat jy kies, gaan gebruik word om jou karakters en omgewing te versterk en ook om die storielyn te laat vloei.

 

Elke hoofstuk van jou storie moet so boeiend wees dat jou leser dit in een aand of een sitting wil deurlees. En dan moet hulle wens vir nog een van jou stories!

 

Renza sal ook kortverhale oorweeg vir die omnibusse – Aanvanklik het ons gevoel dat stories van 1000 tot 2000 woorde geskik is. Skrywers het egter nou al reeds te kenne gegee dat hulle nie alles in 2000 woorde kan skryf nie. Onder 5000 woorde sal dus ook as ‘n kortverhaal beskou word. Stuur jou storie in en as dit geskik is, sal die keurders besluit waar om dit te gebruik.

 

Karakterontwikkeling is belangrik. Of jy nou skryf oor ‘n man en vrou wat verlief raak, ‘n speurder, ‘n moordenaar, besluit hoe om jou lesers oor die persoon te laat voel. Vanselfsprekend moet hulle met jou hoofkarakter kan assosieer. Raak die karakter verlief, moet jy vir jou lesers wys hoekom hy/sy verlief raak. Skryf jy oor ‘n troeteldier, wys vir jou karakters hoe spesiaal, oulik of uniek die diertjie is.

 

Wys en beklemtoon belangrike sake en plekke in jou storie. Dit is nie nodig vir elle lange beskrywings nie. Voel, sien en leef dit soms deur jou karakter se oë ook. As jy lief is vir fliek, let op wat die kameraman vir jou uitwys.

 

Gebruik dialoog. Deur middel van praat en woordkeuse leer jou lesers baie gou jou karakters beter ken.

 

Die klimaks – waar jou storie se oplossing en ontrafeling lê. Of daardie oomblik waarop jou karakters weet dit is verby, hulle wil altyd bymekaar wees. Of jou lesers besef aha, dit is wat die storie uiteindelik vir jou wou sê. Doen dit nader aan die einde van die storie.

 

Die slot van jou storie:

Hou dit kort. Dit is waar al jou drade bymekaar kom. Jou lesers moet weet die storie is klaar en dat daar oor hierdie spesifieke saak niks verder te vertelle is nie. Jou einde moet dus bevredigend wees, al laat dit steeds iets aan die verbeelding oor. Jy hoef nie duisend woorde te gebruik om te verduidelik hoe lyk die pad van hier af vorentoe vir jou storieboekkarakters nie. Die storie moet klaar voel, selfs al wens jou lesers dat hulle jou karakters weer eendag in die toekoms mag ontmoet om saam met hulle te kuier.

Onthou ons kortverhale kompetisie: Let veral op na die aanpassing van woordtelling. Kortverhale kan nou uit 1000 tot 5000 woorde bestaan. Stuur dit na: renzaprojects@gmail.com of stuur dit as boodskap na Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories se ‘inbox’.

https://afrikaanseliefdesverhaleenstories.wordpress.com/2019/06/25/renza-skrywers-kompetisie/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.