Renza Skrywers se kortverhale Kompetisie

Renza Afrikaanse Skrywers

Renza Boeke, uitgewer van Afrikaanse Skrywers Omnibusse is weer op soek na talentvolle skrywers . Wil jy ook graag jou pennevrug en naam saam met ander skrywers s’n op Amazon sien? Moenie net daaroor droom nie. Doen iets daaraan.

 

Jy skryf miskien aanvanklik jou storie in omdat daar ‘n kompetisie en prysgeld op die spel is, maar dit is ook belangrik om sigbaar te wees en ‘n naam te bou.

 

Prysgeld: Die wenner van ons kortverhaal kompetisie wen R1000. Maar hier is die verskil tussen Renza se eerste kompetisie en ander skrywerskompetisies. Jy as leser gaan die beoordelaar wees. Jy kan ‘n storie bloot ‘like’ op ons bladsy, of jy kan ’n resensie skryf. Die skrywer met die meeste ‘likes’ of beste resensies sal ons wenner wees. Die leser wat die meeste en beste resensies skryf wen R500

 

Renza wil ook baie graag weer die omnibusse publiseer. Manuskripte van tussen 10 en 15000 woorde sal oorweeg worf. Skrywers sal deur middel van tantieme vergoed word soos en wanneer omnibusse met sy/haar bydraes in verkoop word. Verkope van eboeke word vanaf 2 platvorms gedoen naamlik Amazon of as eboek vanaf Liefdesverhale en stories se webwerf. Tantieme sal drie keer per jaar aan skrywers uitbetaal word: Februarie, Julie en Desember.

 

Maar kom ons praat eers oor die kortverhale kompetisie:

 

Reëls vir Renza Publikasies se kortverhale kompetisie:

Alle skrywers word genooi om deel te neem. Die volgende skrywers Adele Reynders en Jurie Mentz sal die eerste stories lewer, maar nie een van hulle sal in aanmerking kom vir die R1000 prys nie, weens hulle betrokkenheid by Renza Publikasies. Hulle bydraes sal egter gebruik word om die bal aan die rol te sit.

Die kortverhaalkompetisie gaan oor een of almal van die volgende: Nuwe beginne / Hy en sy ontmoet / ’n Klitsgras of moeilike situasie. Jy skryf jou titel en in hakkies daarna in watter genre dit gebeur en jou naam.

Skrywers mag meer as een storie vir die kompetisie instuur.

Slegs stories in Afrikaans word aanvaar. Geen lastertaal of iets wat aanstoot gee sal deurgelaat word nie. Vloekwoorde in die regte konteks mag miskien verby glip. Veral as dit gebruik word om kleur aan karakters te gee. Dit sal egter slegs op beperkte basis toegelaat word.

Jy skryf in die derde persoon en in die hede tyd. Met ander woorde, nie as ek nie. En ook nie in die verlede nie. Jy vertel ander mense se storie asof dit op hierdie oomblik gebeur en jy ‘n toeskouer daarvan is.

Wenk: Skryf uit 1 persoon se perspektief. As daar ‘n tweede opinie is, maak dit vir jou lesers baie duidelik in jou skrywe, of doen dit deur middel van dialoog

Woordtelling vir die kortverhaal is 1000 tot 5000. Ons lesers is die beoordelaars. Ons beste beoordelaar of persoon wat die meeste opbouende kritiek lewer wen R500. Onthou jy hoef nie te skryf dat elke storie fantasties is nie. Eerlike kommentaar wat die skrywers en uitgewers kan help om te verbeter is net so welkom. Die10 beste stories sal gekies word vir die omnibus wat op Amazon en vanaf die webwerf verkoop word. Daarvoor sal die skrywers tantieme verdien en die wenstories sal dus slegs tot op 31 Augustus op die webwerf te lese wees. Sorg dus dat jy seker maak dat jy elke storie sien voor dan as jy ‘n resensent wil word.

As jy ‘n storie het om in te stuur, kan jy dit al vandag begin doen. Stuur jou skrywe na renzaprojects@gmail.com aandag Francois of inbox op Afrikaanse Liefdesverhale 35+ en stories.

 

Sluitingsdatum van Renza se kortverhalekompetisie is 31 Julie 2019. Dit is kort kennisgewing, maar skrywers moet ook instaat wees om onder druk en in beperkte tyd kwaliteit werk te lewer.

 

Renza Boeke sal stories wat in aanmerking kom vir die kompetisie op die webwerf van  Afrikaanse Liefdesverhale en Stories plaas soos en wanneer dit inkom, sodat ons lesers dit kan begin beoordeel.

 

Indien daar enige onduidelikheid is, stuur jou navrae aan renzaprojects@gmail.com of vra hier op die bladsy by opmerkings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.